Wasgoedgebed

(voorgelezen tijdens het avondmaal 9-11-2014)

Wasgoedgebed

Ek staan voor U Here met my bondeltjie geestelike wasgoed.
My mandjie loop oor. Here help my asb sorteer?
Met U hoef ek nie vlekverwyderaar te koop nie, want U bloed was my witter as sneeu.
U ken my hart, was my en hang my in U sonlig van geregtigheid,
en al wapper ek soms teesinnig in U winde van verandering,
moet my asb nie van die lyn afhaal voordat ek skoon en droog,
en bruikbaar in U diens is nie.
Here stryk al die kreukels van selfbejammering bitsigheid en alle sonde uit met U strykyster van liefde, vergifnis en genade.
En as U met my klaar is, hang my op sodat almal U in my kan sien…

(Theresa Schmidt)